1 Kings 18:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die vuur van die HERE geval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer en die water wat in die sloot was, opgelek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Onmiddellik het daar vuur van die Here gekom en die offer verbrand, asook die hout, die klippe en die grond. Dit het selfs die water in die sloot opgedroog! |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het die vuur van die HERE neergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek. |
| Afrikaans 1983 | Toe kom daar vuur van die Here af en dit verbrand die offer, die hout, die klippe en die grond. Dit het selfs die water in die sloot opgelek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe slaan die vuur van die Here neer en verteer die brandoffer, die hout, die klippe en die los grond. Dit het selfs die water wat in die sloot was, opgelek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar het toe vuur van die Here afgekom. Dit het die brand-offer en die hout en die klippe en die grond alles verbrand. Daar was nie meer water in die sloot nie, die sloot het droog geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Skielik het die Here ’n vuur uit die hemel gestuur. Dit was so kragtig dat dit die bul, die hout en die stene heeltemal verwoes het. Dit het ook die aarde verskroei en selfs die water in die sloot in ’n oogwink laat opdroog. |