1 Kings 18:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die hout in orde gebring en die bul in stukke gesny en hom op die hout neergelê en gesê: Maak vier vate vol water en giet dit op die brandoffer en op die hout.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het hout op die altaar gesit, die bul in stukke gesny en dit op die hout neergelê.
Afrikaans 1933/1953 en die hout gerangskik en die bul in stukke verdeel en bo-op die hout gelê.
Afrikaans 1983 Toe sit hy die hout reg, sny die bul stukkend en lê dit uit op die hout.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die hout gerangskik, die bul opgesny en op die hout neergesit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het hy die hout reggesit en die bul in stukke gesny en bo-op die hout gesit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het toe die hout netjies op die altaar reggesit, die bul geslag en die stukke op die hout neergesit. Toe sê Elia: “Vat nou vier groot kruike en maak dit vol water. Gooi dan alles oor die bul en die hout uit.” Hulle het so gemaak.