1 Kings 18:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het met die klippe 'n altaar gebou in die Naam van die HERE; en hy het 'n sloot rondom die altaar gemaak, so groot dat dit twee mate saad kon bevat.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het die klippe gebruik om die vervalle altaar van die Here reg te maak. Daarna grawe hy ’n sloot rondom die altaar. Dit was groot genoeg om ongeveer vyftien liter te hou.
Afrikaans 1933/1953 en hy bou met die klippe 'n altaar in die Naam van die HERE. Daarna het hy 'n sloot gemaak rondom die altaar, 'n ruimte vir omtrent twee mate saad,
Afrikaans 1983 Met die klippe het hy die altaar van die Here reggemaak en 'n behoorlike sloot daar rondom gegrawe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het met die klippe in die Naam van die Here 'n altaar gebou en 'n watervoor wat ongeveer twee sea saad kon hou, rondom die altaar gegrawe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elia het die klippe in die altaar van die Here ingebou. Rondom die altaar het Elia 'n sloot gegrawe. Die sloot was so diep dat dit twee sea saad kon hou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Met die stene het Elia die altaar van die Here herbou. Hy het ook ’n diep watersloot om die altaar gegrawe.