1 Kings 18:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Elía aan die hele volk: Kom nader na my toe. En die hele volk het nader gekom na hom. En hy het die altaar van die HERE wat afgebreek was, herstel.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe roep Elia die volk: “Kom nader!” Hulle het almal rondom hom kom staan terwyl hy die altaar van die Here wat afgebreek was, herstel het.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê El¡a vir die hele volk: Kom nader na my. En die hele volk het nader gekom na hom; en hy het die altaar van die HERE herstel wat afgebreek was.
Afrikaans 1983 Toe sê Elia vir die hele volk: “Kom staan hier by my,” en hulle het almal by hom gaan staan. Toe het hy die stukkende altaar van die Here weer reggemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Elia vir die hele volk: “Kom nader na my toe!” Die hele volk het nader gestaan na hom toe. Hy herstel toe die altaar van die Here wat afgebreek was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het Elia vir al die mense gesê: “Kom nader na my toe.” Hulle het nader gekom. Elia het die altaar van die Here wat stukkend was, weer reggemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het Elia vir hulle gesê: “Kom, staan nader.” Almal het om Elia gaan staan. Hy het die altaar van die Here, wat die Baälprofete beskadig het, eers gou herstel.