1 Kings 18:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En op die middag het Elía met hulle gespot en gesê: Roep hard, want hy is 'n god; óf hy praat, óf hy jaag na, óf hy is op reis, of miskien slaap hy en moet wakker word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Teen die middag het Elia hulle begin spot. “Julle moet nog harder roep,” spot hy. “Hy is mos ’n god! Dalk is hy in gedagte, of dalk het hy ’n draaitjie gaan loop. Miskien is hy weg op reis, of slaap hy en moet wakker gemaak word!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe dit middag was, het El¡a met hulle gespot en gesê: Roep hard; hy is mos 'n god! Hy is seker in gepeins, of hy het hom seker afgesonder, of hy is seker op reis; miskien slaap hy en moet wakker word. |
| Afrikaans 1983 | Teen die middag het Elia hulle begin spot: “Roep harder! Hy is mos 'n god! Miskien is hy diep in gedagte of gou bietjie uit, of op reis, of dalk slaap hy en moet hy eers wakker word!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Teen die middag het Elia hulle gespot en gesê: “Roep harder, want hy is mos 'n god! Hy is dalk ingedagte, of hy sonder hom af, of is op pad. Dalk is hy aan die slaap en moet wakker word.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe dit middag word, het Elia hulle gespot en gesê: “Julle moet harder skree, want Baäl is 'n god. Miskien is hy besig om te dink, of miskien is hy in die toilet, of miskien het hy gaan stap. Miskien slaap hy en iemand moet hom gaan wakker maak.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Teen die middag se kant het Elia met die profete van Baäl begin spot. “Roep ’n bietjie harder,” het hy gesê. “Probeer weer, want hy is dalk in gedagte of besig. Of miskien is hy weg, of iewers op reis. Wie weet, dalk slaap julle god net, dan moet julle hom wakker maak.” |