1 Kings 18:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat hulle dan vir ons twee bulle gee; en laat hulle vir hulle een bul uitkies en hom in stukke sny en hom op hout sit en geen vuur onder sit nie; en Ek sal die ander bul bewerk en hom op hout sit en geen vuur onder sit nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Bring nou twee bulle. Die profete van Baäl kan een kies, hom in stukke opsny en bo-op die hout op die altaar neersit. Hulle moet dit egter nie aan die brand steek nie. Ek sal die ander bul opsny en bo-op die hout op die altaar neersit. Ek sal dit ook nie aan die brand steek nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar laat hulle vir ons twee bulle gee; dan kan hulle vir hul een bul uitkies en dit in stukke verdeel en op die hout sit, maar sonder om vuur te maak; en,k sal die ander bul gereedmaak en op die hout sit, maar ek sal geen vuur maak nie.
Afrikaans 1983 Bring nou vir ons twee bulle. Hulle kan vir hulle een bul kies en hom opsny en op die hout uitlê. Maar hulle moet dit nie aan die brand steek nie. Ek sal dieselfde doen met die ander bul. Ek sal hom op die hout uitlê, maar dit ook nie aan die brand steek nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle moet vir ons twee bulle gee. Hulle moet vir hulle 'n bul kies, dit opsny en op die hout neersit, maar kole vuur mag hulle nie gebruik nie. Ek sal die ander bul voorberei en op die hout plaas, maar kole vuur sal ek nie gebruik nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Gee vir ons twee bulle. Die profete van Baäl moet vir hulle een bul kies. Hulle moet dit in stukke sny en op die hout op die altaar neersit, maar hulle moenie dan vuur op die altaar begin maak nie. Ek sal dieselfde doen met die ander bul. Ek sal dit op die hout sit en ek sal nie vuur op die altaar maak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Bring nou vir ons twee bulle. Laat die Baälprofete vir hulle ’n bul uitsoek, dit in stukke sny en op die hout sit. Moet net nie dat hulle die vuur aansteek nie. Ek sal die ander bul vat, dit slag en op die hout sit. Ek sal dit ook nie self aansteek nie.