1 Kings 18:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Elía het na die hele volk gekom en gesê: Hoe lank staan julle tussen twee gedagtes? as die HERE God is, volg Hom na; maar as Baäl is, volg Hom dan. En die skare het hom geen woord geantwoord nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Elia het voor hulle gaan staan en gesê: “Hoe lank gaan julle nog weier om kant te kies? As die Here God is, volg Hom! Maar as dit Baäl is, volg hóm!” Die volk het egter niks geantwoord nie.
Afrikaans 1933/1953 En El¡a het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.
Afrikaans 1983 Elia het voor die hele volk gaan staan en gesê: “Hoe lank hou julle aan met hink op twee gedagtes? As die Here God is, volg Hóm; maar as dit Baäl is, volg hóm.” Die volk het hom nie 'n woord geantwoord nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elia het nader gegaan na die hele volk en gesê: “Hoe lank gaan julle nog op twee krukke bly hink? As die Here God is, volg Hom; as dit Baäl is, volg hom. ” Maar die volk het hom nie met 'n enkele woord geantwoord nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elia het naby al die mense van Israel kom staan en gevra: “Hoe lank wil julle wag voordat julle besluit vir wie julle wil dien? As die Here God is, dan moet julle Hóm dien. Of, as Baäl God is, dan moet julle hóm dien.” Die mense het hom nie geantwoord nie, hulle het stilgebly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe almal daar bymekaar was, het Elia vir hulle gesê: “Wanneer gaan julle besluit vir wie julle wil dien? As die Here die ware God is, volg Hom. Maar as julle Baäl as julle god wil dien, doen dit dan. Maak net vandag ’n keuse.” Die volk het doodstil gesit en nie ’n woord gesê nie.