1 Kings 18:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Stuur dan nou en versamel vir my die hele Israel op die berg Karmel, en die profete van Baäl vier honderd en vyftig en die profete van die heilige boomstamme vier honderd wat aan Isebel se tafel eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar laat die volk van Israel op Karmelberg bymekaarkom. Ook die 450 profete van Baäl en die 400 profete van Asjera wat Isebel onderhou, moet daar wees.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Stuur dan nou, laat die hele Israel by my bymekaarkom op die berg Karmel, ook die vier honderd en vyftig profete van Baäl en die vier honderd profete van Asj,ra wat aan die tafel van Is,bel eet. |
| Afrikaans 1983 | Roep vir my die hele Israel bymekaar op Karmelberg. Die vier honderd en vyftig profete van Baäl en die vier honderd van Asjera wat van Isebel se tafel af eet, moet ook daar wees.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, stuur boodskappers uit, bring die hele Israel by my byeen op die berg Karmel, ook die vierhonderd-en-vyftig profete van Baäl en die vierhonderd profete van Asjera wat aan die tafel van Isebel eet.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar nou, stuur boodskappers en sê al die leiers van Israel moet bymekaarkom op Karmel-berg, en ook die 450 profete van Baäl en die 400 profete van Asjera wat kos kry by Isebel.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gebruik nou u gesag en laat die hele Israel saam met my op die berg Karmel bymekaarkom. Bring ook die 450 profete van Baäl saam, asook die 400 profete van Asjera vir wie Isebel kos en klere gee.” |