1 Kings 18:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Elía: So waar as die HERE van die leërskare leef voor wie ek staan, ek sal my sekerlik vandag aan hom openbaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Elia antwoord hom: “So seker as die Here, die Almagtige, leef, in wie se diens ek staan, Agab sal my sekerlik vandag nog sien.”
Afrikaans 1933/1953 Maar El¡a sê: So waar as die HERE van die leërskare leef, voor wie se aangesig ek staan, ek sal my verseker vandag aan hom vertoon!
Afrikaans 1983 Maar Elia sê vir Obadja: “So seker as die Here leef, die Almagtige in wie se diens ek staan, ek sal sorg dat Agab my vandag nog te sien kry.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Elia het gesê: “So waar as die Here, Heerser oor alle magte, leef, Hy in wie se diens ek staan, ek sal beslis vandag nog voor hom verskyn.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elia het vir Obadja gesê: “So seker soos die Here lewe, die Here wat oor alles regeer, die God vir wie ek werk, jy moenie bekommerd wees nie, Agab sal my vandag sien.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek belowe jou in die Naam van die magtige Here wat ek dien dat ek net hier vir Agab sal wag,” het Elia gesê.