1 Kings 18:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Is dit nie aan my heer vertel wat ek gedoen het toe Isébel die profete van die HERE gedood het nie, hoe ek honderd man van die profete van die HERE by vyftig in 'n spelonk weggesteek en hulle met brood en water gevoed het? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Het niemand vir u vertel van die keer toe Isebel die profete van die Here doodgemaak het nie? Ek het toe 100 van hulle in twee groepe van 50 in elkeen van twee grotte weggesteek en hulle van kos en water voorsien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Is dit nie aan my heer meegedeel wat ek gedoen het toe Is,bel die profete van die HERE gedood het nie: dat ek van die profete van die HERE honderd man, vyftig by vyftig, in 'n spelonk weggesteek en hulle met brood en water onderhou het? |
| Afrikaans 1983 | Het hulle u nie vertel wat ek gedoen het toe Isebel die profete van die Here doodgemaak het nie, dat ek honderd profete van die Here vyftig-vyftig in grotte weggesteek het en hulle van kos en water voorsien het? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Is daar nie vir my heer vertel wat ek gedoen het toe Isebel die profete van die Here uitgemoor het nie? Ek het 'n honderd man van die Here se profete weggesteek, vyftig hier en vyftig man daar, in grotte, en hulle van brood en water voorsien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Het jy gehoor wat ek gedoen het? Toe Isebel die profete van die Here begin doodmaak het, het ek 50 profete in een grot en 50 profete in 'n ander grot weggesteek en ek het vir hulle kos en water gegee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Miskien weet u dit nie, maar toe Isebel destyds die Here se profete vermoor het, het ek 100 van hulle in twee groepe van 50 elk in ’n spelonk weggesteek. Elke dag het ek vir hulle brood en water laat kry. |