1 Kings 18:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sodra ek van jou weggaan, sal die Gees van die HERE jou dra waarheen ek nie weet nie; en as ek kom en dit vir Agab vertel en hy jou nie kan vind nie, sal hy my doodmaak; maar ek, u kneg, vrees die HERE van my jeug af.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit kan wees dat as ek van u weggaan die Gees van die Here u dalk kan wegvoer na wie weet waar. As ek dan vir Agab vertel ek het u gesien, maar hy kry u nie, sal hy my doodmaak. En dit ten spyte daarvan dat ek my lewe lank ’n getroue volgeling van die Here is!
Afrikaans 1933/1953 As ek nou van u af weggaan en die Gees van die HERE u wegneem -- ek weet nie waarheen nie -- en ek kom om Agab berig te bring en hy vind u nie, dan sal hy my doodmaak; en u dienaar vrees die HERE van sy jeug af.
Afrikaans 1983 As ek nou van u af sou weggaan, en die Gees van die Here neem u weg, sonder dat ek weet waarheen, en ek gaan vertel vir Agab ek het u gesien, maar hy kan u nie kry nie, dan maak hy my beslis dood. En dit terwyl ek die Here van my jeug af dien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As ek hiervandaan sou weggaan en die Gees van die Here neem u weg – waarheen weet ek nie – en ek kom en vertel vir Agab, en hy vind u nie, sal hy my doodmaak. U dienaar het ontsag vir die Here van sy jeug af.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As ek nou weggaan van jou, en die Gees van die Here neem jou weg na 'n ander plek en ek weet nie waar jy is nie, wat sal dan met my gebeur? As ek vir Agab gaan vertel jy is hier, en hy kry jou nie hier nie, dan sal hy my doodmaak. Jy moet weet ek dien die Here vandat ek jonk was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sê nou ek gaan, en net as ek my rug draai, neem die Gees van die Here u weg na wie weet waar! Wat dan? As ek vir Agab sê u wag hier, maar as hy kom, is u weg, maak hy my op die plek dood. Nee, meneer Elia, ek doen dit nie. Ek het ook die Here lief en dien Hom van my kleintyd af, maar dit doen ek nie.