1 Kings 18:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ná baie dae het die woord van die HERE in die derde jaar tot Elía gekom en gesê: Gaan vertoon jou aan Agab; en Ek sal reën op die aarde gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Na ’n lang tyd, tydens die derde jaar van droogte, sê die Here vir Elia: “Gaan na koning Agab toe en sê vir hom Ek sal dit binnekort laat reën.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En geruime tyd daarna het die woord van die HERE in die derde jaar tot El¡a gekom en gesê: Gaan heen, vertoon jou aan Agab, dan wil Ek reën gee op die aarde. |
| Afrikaans 1983 | Na 'n lang tyd, dit was omtrent drie jaar, het die woord van die Here tot Elia gekom en gesê: “Gaan na Agab toe. Moenie langer vir hom wegkruip nie. Ek wil dit weer in die land laat reën.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Geruime tyd later, in die derde jaar, het die woord van die Here tot Elia gekom: “Gaan verskyn aan Agab, sodat Ek reën kan gee op die aarde.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit het 'n lang tyd nie gereën nie. Die Here het ná drie jaar vir Elia gesê: “Jy moet gaan sodat koning Agab jou kan sien. Ek wil dit laat reën in die land.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Eers in die derde jaar van die droogte het die Here vir Elia gesê: “Gaan na Agab toe en sê vir hom dat Ek dit weer sal laat reën.” |