1 Kings 17:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Staan op, gaan na Sarfat wat aan Sidon behoort, en woon daar; kyk, Ek het 'n weduwee daar bevel gegee om jou te onderhou.
Afrikaans (NLV) 2011 Elia het na Sarfat toe gegaan. By die poort van die dorp aangekom, sien hy ’n weduwee wat hout bymekaarmaak. Hy vra haar:
Afrikaans 1933/1953 Maak jou klaar, gaan na Sarfat wat by Sidon is, en bly daar; kyk, daar het Ek aan 'n weduwee bevel gegee om jou te onderhou.
Afrikaans 1983 “Gaan na Sarfat toe by Sidon en gaan bly daar. Ek het 'n weduwee daar opdrag gegee om vir jou te sorg.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Maak gereed, gaan na Sarfat, wat aan Sidon behoort, en bly daar. Kyk, Ek het 'n weduwee daar beveel om jou van kos te voorsien.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet gereedmaak en na die stad Sarfat gaan in die land van die Sidoniërs. Jy moet daar gaan bly. Ek het vir 'n weduwee daar gesê sy moet vir jou kos gee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Gaan na Sarfat toe, naby Sidon. Bly ’n rukkie daar. In Sarfat sal ’n weduwee elke dag vir jou sorg.”