1 Kings 17:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die vrou vir Elia: Nou weet ek hieraan dat jy 'n man van God is en dat die woord van die HERE in jou mond waarheid is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die weduwee sê toe vir Elia: “Nou weet ek vir seker dat jy ’n man van God is en dat die Here regtig die waarheid deur jou praat.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die vrou sê vir El¡a: Nou weet ek dit dat u 'n man van God is en dat die woord van die HERE in u mond waarheid is. |
| Afrikaans 1983 | Die vrou sê toe vir Elia: “Nou weet ek dat u 'n man van God is, en dat wat die Here deur u sê, die waarheid is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop sê die vrou vir Elia: “Nou is ek daarvan oortuig dat u 'n man van God is en dat die woord van die Here uit u mond betroubaar is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vrou het vir Elia gesê: “Nou weet ek jy is regtig 'n man van God. Die dinge wat die Here sê jy moet sê, is die waarheid.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nou weet ek dat die Here u gestuur het en dat Hy deur u praat,” het die weduwee gesê. |