1 Kings 17:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het hom drie maal oor die kind uitgestrek en die HERE aangeroep en gesê: HERE my God, laat tog die siel van hierdie kind weer in hom kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het homself drie keer oor die kind uitgestrek en by die Here gepleit: “O Here my God, laat hierdie kind tog weer lewe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het hy hom drie maal uitgestrek oor die kind en die HERE aangeroep en gesê: HERE my God, laat die siel van hierdie kind tog in hom terugkeer. |
| Afrikaans 1983 | Toe gaan lê hy drie maal bo-oor die kind en smeek die Here: “Here my God, laat die lewe tog terugkom in die kind.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het hy hom drie keer bo-oor die kind uitgestrek en tot die Here geroep en gesê: “ Here my God, laat die lewe van hierdie kind asseblief na hom terugkeer.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe gaan lê Elia drie maal op die kind en hy bid tot die Here en hy sê: “My God die Here, laat asseblief hierdie kind se lewe terugkom in hom.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elia het toe drie keer op die kind gaan lê en gebid: “Here my God, ek smeek U, laat die kind tog leef.” |