1 Kings 17:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die HERE aangeroep en gesê: HERE my God, het U ook die weduwee by wie ek as vreemdeling vertoef, onheil gebring deur haar seun dood te maak?
Afrikaans (NLV) 2011 Elia pleit toe by die Here: “O Here my God, moes U hierdie ramp oor die vrou bring by wie ek bly en haar seun laat sterf?”
Afrikaans 1933/1953 en hy het die HERE aangeroep en gesê: HERE my God, het U selfs oor die weduwee by wie ek as vreemdeling vertoef, 'n onheil gebring deur haar seun te laat sterwe?
Afrikaans 1983 en bid tot die Here: “Here my God, wil U nou oor hierdie weduwee by wie ek bly, 'n ramp bring deur haar kind te laat sterf?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) tot die Here geroep en gesê: “ Here my God, bring U selfs oor die weduwee by wie ek my as •vreemdeling bevind, onheil deur haar seun te laat sterf?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en hy het tot die Here gebid en gesê: “My God die Here, wil U dit sleg laat gaan met hierdie weduwee? Sy het gesê ek mag hier woon, en nou het U haar seun laat sterf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elia het gekniel en toe hardop gebid: “Here my God, waarom het U dit laat gebeur? Hierdie vrou was baie goed vir my. Sy het nog elke dag vir my gesorg. Waarom het U haar kind laat sterf?”