1 Kings 17:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir haar: Gee my jou seun. En hy het hom uit haar boesem geneem en hom opgedra na die hok waar hy gebly het, en hom op sy eie bed neergelê.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Elia antwoord: “Gee jou seun vir my.” Hy het die seun uit haar arms geneem en hom na die bokamer waar hy gebly het, geneem en op sy bed neergelê.
Afrikaans 1933/1953 Maar hy antwoord haar: Gee jou seun vir my. En hy het hom van haar skoot af geneem en hom opgedra na die bo-kamer waar hy self gewoon het, en hom op sy bed neergelê;
Afrikaans 1983 Hy sê vir haar: “Gee jou kind hier,” en hy tel hom van haar skoot af op. Toe dra hy hom na die bokamer toe waar hy tuis gegaan het en lê hom op die bed neer
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het haar geantwoord: “Gee jou seun vir my.” Toe neem hy die seun uit haar arms en dra hom op na die bovertrek waar hy tuisgegaan het. Hy het hom op sy bed neergelê,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir haar gesê: “Gee jou seun vir my.” Elia het die seun uit haar arms geneem en hy het die seun na die bo-kamer gedra. Elia het daar gewoon. Hy het die seun op sy bed neergesit
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Gee die kind vir my,” het Elia gesê. Toe het Elia die kind van haar skoot af opgetel, hom na sy kamer op die boonste verdieping gedra en op sy bed neergelê.