1 Kings 17:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ná hierdie dinge het die seun van die vrou, die meesteres van die huis, siek geword; en sy siekte was so erg dat daar geen asem in hom oorgebly het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Tyd later het die vrou se seun siek geword. Hy het al sieker geword en gesterf.
Afrikaans 1933/1953 Nhierdie dinge het die seun van die vrou, die eienares van die huis, siek geword; en sy siekte was baie ernstig, totdat daar geen asem meer in hom oorgebly het nie.
Afrikaans 1983 In dié tyd het die vrou, die eienares van die huis, se seuntjie siek geword. Hy het al hoe sieker geword totdat hy die laaste asem uitgeblaas het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ná hierdie gebeure het die vrou, die eienares van die huis, se seun siek geword. Sy siekte het so erg geword dat daar nie meer asem in hom oor was nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Later het die seun van die weduwee siek geword, die weduwee aan wie die huis behoort het. Hy was baie siek en hy het gesterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na ’n ruk het die weduwee se seun baie siek geword. Sy koors het erger geword en later is hy dood.