1 Kings 17:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die meel in die vat het nie vergaan nie, en die olie in die kruik het nie opgehou nie, volgens die woord van die HERE wat Hy deur die diens van Elía gespreek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die kruik was altyd vol meel en die olie in die erdekan het nie opgeraak nie. Dit was net soos die Here deur Elia beloof het. |
| Afrikaans 1933/1953 | die meel in die pot het nie opgeraak en die olie in die kruik nie minder geword nie, volgens die woord van die HERE wat Hy deur die diens van El¡a gespreek het. |
| Afrikaans 1983 | Die meel in die kruik het nie opgeraak nie, en die olie in die kan het nie minder geword nie, soos die Here deur Elia beloof het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die kruik met meel het nie leeg geraak nie, en die fles met olie het nie leeg geloop nie, ooreenkomstig die woord van die Here wat Hy by monde van Elia gespreek het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die meelkruik het nie leeg geword nie en daar was altyd olyf-olie in die oliebottel, soos die Here gesê het Elia moet sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Soos die Here belowe het, was die meelblik nooit leeg nie en was daar altyd olie in die kan. |