1 Kings 17:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want so sê die HERE, die God van Israel: Die meel in die vat sal nie opraak nie, en die oliekruis sal nie opraak nie, tot op die dag dat die HERE reën op die aarde gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So sê die Here die God van Israel: ‘Die meel in die kruik sal nie opraak nie en die olie in die erdekan sal nie minder word nie totdat die Here weer oor die land laat reën het.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want so sê die HERE, die God van Israel: Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat die HERE reën op die aarde sal gee. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here die God van Israel: Die meel in die kruik sal nie opraak nie, en die olie in die kan sal nie minder word nie, totdat die Here laat reën het op die land.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want so sê die Here, die God van Israel, ‘Die kruik met meel sal nie leeg raak nie, en die fles met olie sal nie leeg loop nie, tot op die dag dat die Here reën op die aarde gee.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, die God van Israel, het gesê: Die kruik waarin die meel is, sal nie leeg word nie, en daar sal genoeg olyf-olie in die oliebottel wees tot die dag wanneer die Here dit weer laat reën in die land.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie bang wees nie, want die Here het vir my gesê dat jou meelblik en jou oliekan nie sal leeg word nie totdat Hy weer reën gestuur het.” |