1 Kings 17:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Elía, die Tisbiet, wat uit die inwoners van Gílead was, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef voor wie ek staan, in hierdie jare sal daar geen dou of reën wees nie, behalwe volgens my woord.
Afrikaans (NLV) 2011 Elia die Tisbiet het hom tydelik in Gilead gevestig. Hy het vir Agab gesê: “So seker as wat die Here die God van Israel leef, die God wat ek dien, in die volgende aantal jare sal daar geen dou of reën val nie behalwe wanneer ek so sê.”
Afrikaans 1933/1953 En El¡a, die Tisbiet, uit Tisbe in G¡lead, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord!
Afrikaans 1983 Elia die Tisbiet was 'n bywoner uit Gilead. Hy het vir Agab gesê: “So seker as die Here leef, die God van Israel in wie se diens ek staan, daar sal die volgende paar jaar geen dou of reën val nie, behalwe as ek so sê.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elia, 'n man uit Tisbe, een van die nedersetters in Gilead, het vir Agab gesê: “So waar as die Here, die God van Israel, in wie se diens ek staan, leef, daar sal in die komende jare geen dou of reën wees nie, behalwe op gesag van my woord.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die profeet Elia van Tisbe het nie self grond gehad nie, hy het in Gilead by ander mense gewoon. Hy het vir Agab gesê: “Daar sal hierdie jaar nie reën of dou wees nie. Dit sal net reën of dou as ek so sê. Dit is so seker soos die Here lewe, die God van Israel vir wie ek werk.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het Elia, ’n profeet uit Tisbe in Gilead, vir koning Agab gesê: “So seker as wat die Here, die God van Israel wat ek dien, leef, so seker sal daar geen dou of reën in die volgende jaar of wat val sonder dat ek so sê nie.”