1 Kings 16:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy dienaar Simri, die owerste van die helfte van sy strydwaens, het teen hom saamgesweer terwyl hy in Tirsa was, terwyl hy dronk gedrink het in die huis van Arsa, die bestuurder van sy huis in Tirsa. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Simri, een van sy onderdane en bevelvoerder oor die helfte van die koninklike strydwaens, het teen hom saamgesweer. Op ’n dag het Ela dronk geword in die huis van Arsa, die opsigter van die paleis in Tirsa. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar sy dienaar Simri, die owerste oor die helfte van die strydwaens, het 'n sameswering teen hom gesmee: terwyl hy hom dronk gedrink het in Tirsa, in die huis van Arsa, wat oor die paleis in Tirsa was, |
| Afrikaans 1983 | Een van sy onderdane, Simri, die aanvoerder van die helfte van die strydwamag het 'n sameswering teen hom gesmee. Toe Ela hom aan huis van Arsa, die opsigter van die paleis in Tirsa, dronk gedrink het, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy dienaar Simri, •aanvoerder van die helfte van die strydwamag, het egter 'n komplot teen hom gesmee. Terwyl Ela in Tirsa, in die huis van Arsa, hoof van die hofhouding in Tirsa, besig was om hom dronk te drink, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ela se offisier Simri was die hoof van die helfte van Ela se oorlogkarre, en Simri het saam met ander manne 'n plan gemaak teen Ela. Ela was besig om te drink en dronk te word in die huis van Arsa, die hoof van die paleis in die stad Tirsa. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Simri, ’n senior offisier en die hoof van ’n groot deel van die oorlogswaens, wou Ela uit die weg ruim. Hy het net vir die regte oomblik gewag. Op ’n dag was Ela in die huis van Arsa, die hoof van die paleis. Ela het te veel gedrink en was dronk. |