1 Kings 16:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die ses-en-twintigste jaar van Asa, die koning van Juda, het Ela, die seun van Baesa, twee jaar lank oor Israel in Tirsa geregeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Ela seun van Baesa het in die 26ste regeringsjaar van koning Asa van Juda in Tirsa koning van Israel geword. Hy het twee jaar oor Israel geheers.
Afrikaans 1933/1953 In die ses en twintigste jaar van Asa, die koning van Juda, het Ela, die seun van Ba,sa, oor Israel koning geword in Tirsa, twee jaar lank.
Afrikaans 1983 In die ses en twintigste regeringsjaar van koning Asa van Juda het Ela seun van Baesa in Tirsa koning geword oor Israel. Hy het twee jaar geregeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die ses-en-twintigste regeringsjaar van Asa, koning van Juda, het Ela, seun van Baesa, koning geword oor Israel in Tirsa, en twee jaar lank regeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ela seun van Baesa het koning van Israel geword in die ses-en-twintigste jaar nadat Asa koning van Juda geword het. Ela was twee jaar lank koning in Tirsa.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die 26ste jaar van koning Asa van Juda se regering het Ela die seun van Baesa koning van Israel geword. Hy het in Tirsa gebly en twee jaar daar regeer.