1 Kings 16:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ook deur die hand van die profeet Jehu, die seun van Hanani, het die woord van die HERE teen Baesa en teen sy huis gekom, vanweë al die kwaad wat hy in die oë van die HERE gedoen het deur Hom met die werk te terg van sy hande, deur te wees soos die huis van Jeróbeam; en omdat hy hom doodgemaak het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die oordeel van die Here oor Baesa en sy familie is deur die profeet Jehu seun van Ganani aangekondig. Dit was omdat Baesa gedoen het wat verkeerd was vir die Here: Hy het net soos die nageslag van Jerobeam die Here uitgetart. Boonop het hy Jerobeam se familie uitgemoor.
Afrikaans 1933/1953 Ook het die woord van die HERE deur die diens van Jehu, die seun van Han ni, die profeet, gekom teen Ba,sa en teen sy huis, nie alleen oor al die kwaad wat hy in die oë van die HERE gedoen het, deur Hom te terg met sy handewerk om soos die huis van Jerobeam te wees nie, maar ook omdat hy hom verslaan het.
Afrikaans 1983 Die profeet Jehu seun van Ganani moes die oordeel van die Here aankondig oor Baesa en sy nageslag, nie net omdat wat hy gedoen het, verkeerd was in die oë van die Here en hy die Here uitgetart het soos die geslag van Jerobeam nie, maar ook omdat hy vir Jerobeam vermoor het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarby was die woord van die Here by monde van die profeet Jehu, seun van Ganani, teen Baesa en sy huis gerig oor al die kwaad wat hy gedoen het in die oë van die Here deur Hom te tart met sy handewerk, sodat hy soos die huis van Jerobeam geword het, en ook omdat hy die familie van Jerobeam afgemaai het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het ook nog vir Jehu seun van Ganani gestuur om met Baesa en sy familie te praat oor al die dinge wat hy gedoen het. Die Here het nie gehou van die dinge wat hy gedoen het nie, dit het die Here kwaad gemaak. Hy was soos Jerobeam en hy het Jerobeam se hele nageslag vermoor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die profeet Jehu het vir Baesa van die Here se planne met hom en sy familie vertel. Baesa se sonde het die Here kwaad gemaak. Hy het dieselfde pad as Jerobeam geloop. Boonop het hy Jerobeam se familie op ’n wrede manier vermoor. Baesa en sy familie sou ook uitgewis word.