1 Kings 16:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In sy dae het Hiël, die Beteliet, Jérigo gebou; hy het die fondament daarvan gelê in Abiram, sy eersgeborene, en sy poorte opgerig in sy jongste seun Segub, volgens die woord van die HERE wat hy gespreek het deur die diens van Josua, die seun van Nun. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gedurende sy regering het Giël uit Bet-El die stad Jerigo herbou. Toe hy die fondamente gelê het, het sy oudste seun Abiram gesterf. Toe hy die poortdeure gehang het, het sy jongste seun, Segub, gesterf. Dit het gebeur net soos die woord van die Here deur Josua seun van Nun lank te vore oor Jerigo gesê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | In sy dae het Hiël, van Bet-el, J,rigo opgebou; ten koste van Ab¡ram, sy eersgeborene, het hy sy fondament gelê, en ten koste van Segub, sy jongste, sy poorte opgerig, volgens die woord van die HERE wat Hy deur die diens van Josua, die seun van Nun, gespreek het. |
| Afrikaans 1983 | In daardie tyd het Giël van Bet-El die stad Jerigo opgebou. Toe hy die fondamente daarvan gelê het, het sy oudste seun Abiram gesterf, en toe hy die poortdeure gehang het, het sy jongste, Segub, gesterf. Dit was in ooreenstemming met die vervloeking wat die Here deur Josua seun van Nun uitgespreek het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In sy regeringstyd het Giël, 'n man uit Bet-El, Jerigo herbou. Ten koste van Abiram, sy eersgeborene, het hy die fondament gelê, en ten koste van Segub, sy jongste, het hy die poortdeure opgerig. Dit was ooreenkomstig die woord van die Here wat Hy by monde van Josua, seun van Nun, gespreek het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In Agab se tyd het Giël van Bet-El die stad Jerigo weer gebou. Toe hy die fondamente van die stad bou, het sy oudste seun Abiram gesterf, en toe hy die deure in die poorte insit, het sy jongste seun Segub gesterf. Dit het gebeur soos die Here voorheen vir Josua seun van Nun gesê het om vir die mense te sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In Agab se dae het Giël, ’n man uit Bet-El se omgewing, die stad Jerigo herbou. Nadat die fondamente gelê is, het Giël se oudste seun, Abiram, skielik gesterf. Toe hy met die poorte klaar was, is sy jongste, Segub, onverwags dood. Lank gelede al het die Here dit deur Josua die seun van Nun voorspel. |