1 Kings 16:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur, asof dit vir hom 'n ligte ding was om in die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat te wandel, dat hy Isébel, die dogter van Etbaäl, die koning van die Sidoniërs, vir vrou geneem het en gegaan en Baäl gedien en hom aanbid.
Afrikaans (NLV) 2011 Asof dit nie genoeg was nie, het hy met Isebel, die dogter van koning Etbaäl van die Sidoniërs, getrou en Baäl begin dien en aanbid.
Afrikaans 1933/1953 En dit was nog die minste dat hy in die sondes van Jerobeam, die seun van Nebat, gewandel het: hy het Is,bel, die dogter van Et-Baäl, die koning van die Sidoniërs, as vrou geneem, en Baäl gaan dien en voor hom neergebuig,
Afrikaans 1983 Dat hy voortgegaan het met die sondes van Jerobeam seun van Nebat was nog die minste; hy het ook met Isebel dogter van koning Etbaäl van die Sidoniërs getrou en die god Baäl begin dien en hom aanbid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En asof dit maar sommer 'n kleinigheid was om met die sondes van Jerobeam, seun van Nebat, te volhard, neem hy toe as vrou Isebel, dogter van Etbaäl, die koning van die Sidoniërs. Hy het Baäl gaan dien en in aanbidding voor hom gebuig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die sondes gedoen wat Jerobeam seun van Nebat gedoen het, en hy het ook getrou met Isebel, dogter van Etbaäl, koning van die Sidoniërs, en hy het vir Baäl gedien en voor hom gebuig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit was al erg genoeg dat Agab soos Jerobeam gemaak het, maar toe loop trou hy ook nog met Isebel. Sy was die dogter van Etbaäl, die koning van Sidon. Agab het toe voor Baäl gebuig en hom aanbid.