1 Kings 16:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in die agt en dertigste jaar van Asa, die koning van Juda, het Agab, die seun van Omri, oor Israel geregeer; en Agab, die seun van Omri, het twee en twintig jaar oor Israel geregeer in Samaria.
Afrikaans (NLV) 2011 Agab seun van Omri het in die 38ste regeringsjaar van koning Asa van Juda koning geword van Israel. Hy het 22 jaar lank in Samaria regeer.
Afrikaans 1933/1953 En Agab, die seun van Omri, het oor Israel koning geword in die agt en dertigste jaar van Asa, die koning van Juda; en Agab, die seun van Omri, het in Samar¡a oor Israel twee en twintig jaar geregeer.
Afrikaans 1983 Agab seun van Omri het koning van Israel geword in die ag en dertigste regeringsjaar van koning Asa van Juda. Agab seun van Omri het Israel twee en twintig jaar uit Samaria geregeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Agab, seun van Omri, het koning geword oor Israel in die agt-en-dertigste regeringsjaar van Asa, koning van Juda. Agab, seun van Omri, het twee-en-twintig jaar lank as koning geheers oor Israel in Samaria.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Agab seun van Omri het koning van Israel geword in die ag-en-dertigste jaar nadat Asa koning van Juda geword het. Agab was 22 jaar lank in Samaria koning van Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die 38ste jaar van koning Asa van Juda se regering het Agab die seun van Omri koning geword. Hy het in Samaria gewoon en 22 jaar daar regeer.