1 Kings 16:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die heuwel Samaría van Semer vir twee talente silwer gekoop en op die heuwel gebou en die stad wat hy gebou het, na die naam van Semer, eienaar van die heuwel, Samaria genoem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Omri het die Samariaheuwel vir 68 kilogram silwer van Semer gekoop. Hy het ’n stad bo-op die heuwel gebou en dit Samaria genoem ter ere van Semer, die vorige eienaar van die heuwel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het die berg Samar¡a van Semer gekoop vir twee talente silwer en die berg bebou en die stad wat hy gebou het, Samar¡a genoem na die naam van Semer, die eienaar van die berg. |
| Afrikaans 1983 | Toe het hy Samariaberg van Semer gekoop vir ag en sestig kilogram silwer en bo-op die berg gebou. Hy het die stad wat hy daar gebou het, Samaria genoem na die naam van Semer, die vorige eienaar van die berg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het hy die berg Samaria gekoop vir twee kikkar silwer by Semer. Hy het op die berg gebou, en die stad wat hy gebou het, Samaria genoem, na die naam van Semer, die eienaar van die berg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Omri het Samaria-berg van Semer gekoop. Hy het vir Semer twee talente silwer daarvoor betaal en hy het daar 'n stad gebou. Hy het die stad Samaria genoem, dit was die naam van die man aan wie die berg behoort het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op ’n dag het hy Samariaberg vir 68 kilogram silwer van Semer gekoop. Hy het die berg heeltemal herbou en dit Samaria genoem ter ere van die vorige eienaar, Semer. |