1 Kings 16:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In die een en dertig jaar van Asa, die koning van Juda, het Omri oor Israel koning geword, twaalf jaar; ses jaar het hy in Tirsa geregeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Omri het in die 31ste regeringsjaar van koning Asa van Juda koning geword. Hy het twaalf jaar regeer, ses daarvan in Tirsa. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die een en dertigste jaar van Asa, die koning van Juda, het Omri oor Israel koning geword, twaalf jaar lank; in Tirsa was hy ses jaar koning. |
| Afrikaans 1983 | In die een en dertigste regeringsjaar van koning Asa van Juda het Omri koning geword van Israel. Hy het twaalf jaar geregeer, ses daarvan uit Tirsa. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die een-en-dertigste regeringsjaar van Asa, koning van Juda, het Omri koning geword oor Israel, en twaalf jaar lank regeer. In Tirsa was hy ses jaar lank koning. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Omri het koning van Israel geword in die een-en-dertigste jaar nadat Asa koning van Juda geword het. Hy was twaalf jaar lank koning, ses jaar lank in Tirsa. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die 31ste jaar van koning Asa van Juda se regering het Omri koning van die hele Israel geword. Hy het ses jaar in Tirsa regeer, maar hy was altesaam twaalf jaar lank koning van Israel. |