1 Kings 16:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die manskappe wat Omri gevolg het, het die oorhand gekry teen die manskappe wat Tibni, die seun van Ginat gevolg het, en Tibni het gesterwe, en Omri het geregeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Gaandeweg het Omri se aanhang sterker geword as dié van Tibni seun van Ginat. Tibni het gesterf en Omri het koning geword.
Afrikaans 1933/1953 Maar die volk wat Omri gevolg het, was te sterk vir die volk wat Tibni, die seun van Ginat, gevolg het; en Tibni het gesterwe, en Omri het koning geword.
Afrikaans 1983 Omri se aanhang het gaandeweg sterker geword as Tibni s'n, en toe Tibni te sterwe kom, het Omri koning geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die manskappe wat Omri ondersteun het, het die oorhand gekry oor die manskappe wat Tibni, seun van Ginat, ondersteun het. Tibni het gesterf en Omri het koning geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat vir Omri gekies het, was meer as die mense wat vir Tibni gekies het. Toe Tibni sterf, het Omri koning geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gaandeweg het die Omrigroep sterker geword en na Tibni se skielike dood het Omri koning van die hele Israel geword.