1 Kings 16:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe is die volk Israel in twee dele verdeel: die helfte van die volk het Tibni, die seun van Ginat, gevolg om hom koning te maak; en die helfte het Omri gevolg.
Afrikaans (NLV) 2011 Teen hierdie tyd was daar twee groepe in Israel. Een helfte wou Tibni seun van Ginat as koning hê, en die ander helfte het Omri ondersteun.
Afrikaans 1933/1953 Toe is die volk van Israel verdeel in twee helftes: een helfte van die volk het Tibni, die seun van Ginat, gevolg om hom koning te maak, en die ander helfte het Omri gevolg.
Afrikaans 1983 Die volk het egter nou verdeeld geraak. Een helfte wou vir Tibni seun van Ginat koning maak, en die ander helfte vir Omri.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die manskappe van Israel is toe in twee verdeel. Die een helfte van die manskappe het Tibni, seun van Ginat, ondersteun om hom koning te maak, en die ander helfte het Omri ondersteun.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna was die mense van Israel verdeel in twee groepe. Een helfte van die volk het vir Tibni seun van Ginat gekies. Hulle wou hom koning maak. Die ander helfte van die mense het vir Omri gekies.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense van Israel was verdeel. Die helfte wou Tibni, die seun van Ginat, hierna as koning hê, terwyl ander sterk ten gunste van Omri was.