1 Kings 16:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat Ek jou uit die stof verhoog en jou as vors oor my volk Israel gemaak het; en jy het in die weg van Jeróbeam gewandel en my volk Israel laat sondig, om My met hulle sondes te terg; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek het jou uit die stof opgetel om koning oor my volk Israel te wees, maar jy het die voorbeeld van Jerobeam gevolg. Jy het My uitgetart deurdat jy my volk laat sondig het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Omdat Ek jou uit die stof opgehef en jou as 'n vors oor my volk Israel aangestel het, maar jy in die weg van Jerobeam gewandel en my volk Israel laat sondig het, om My te terg deur hulle sondes, |
| Afrikaans 1983 | “Ek het jou uit die stof uit opgetel en jou as heerser oor my volk Israel aangestel, maar jy het die pad van Jerobeam geloop: jy het my volk Israel laat sondig sodat hulle My met hulle sondes uitgetart het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Omdat Ek jou uit die stof opgehef en jou aangestel het as leier oor my volk Israel, maar jy toe die pad van Jerobeam gevolg en my volk Israel laat sondig het deurdat hulle My getart het met hulle sondes, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ek het jou uit die stof opgetel en Ek het jou laat regeer oor my volk Israel. Maar jy het gedoen soos Jerobeam gedoen het, jy het my volk Israel sonde laat doen, en hulle het My kwaad gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Jy was niks, absoluut niks in my oë nie. Ek het jou uit die stof opgetel,” het die Here vir Baesa gesê. “Nogtans het Ek jou koning van Israel gemaak. Jy moes my mense lei, maar jy het Jerobeam se pad geloop en hulle verkeerde dinge laat doen. Hulle sonde het My baie kwaad gemaak. |