1 Kings 16:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vir sy sondes wat hy gesondig het deur te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE, deur te wandel in die weg van Jeróbeam en in sy sonde wat hy gedoen het, om Israel te laat sondig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit het gebeur omdat hy gesondig het en gedoen het wat verkeerd was vir die Here. Hy het die voorbeeld van Jerobeam gevolg deur voort te gaan met die sonde van afgodery wat Jerobeam die volk laat doen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | vanweë sy sondes wat hy begaan het deur te doen wat verkeerd was in die oë van die HERE, deur te wandel in die weg van Jerobeam en in sy sonde wat hy gedoen het om Israel te laat sondig. |
| Afrikaans 1983 | Dit was alles die gevolg van die sondes wat hy gedoen het. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hy het die pad van Jerobeam geloop en dieselfde sonde gedoen as dié waarmee Jerobeam Israel laat sondig het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit was oor sy sondes wat hy gepleeg het deur te doen wat verkeerd is in die oë van die Here toe hy die pad van Jerobeam gevolg en volhard het met sy sonde wat hy gedoen het om Israel te laat sondig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit het gebeur omdat Simri sonde gedoen het en dinge gedoen het waarvan die Here nie hou nie. Hy het gedoen soos Jerobeam, hy het dieselfde sonde gedoen wat Jerobeam gedoen het en wat Jerobeam die mense van Israel laat doen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Simri het ’n wrede dood gesterf en ’n verskriklike prys vir sy sondes betaal. Soos Jerobeam het hy met al sy afgode die Here oneer aangedoen. Hy het Israel ook baie verkeerde dinge laat doen. |