1 Kings 16:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Simri sien dat die stad ingeneem is, het hy in die paleis van die koning se huis ingegaan en die koning se huis oor hom met vuur verbrand en gesterf.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Simri sien dat die stad ingeneem gaan word, het hy na die paleis se versterkte vesting gevlug, die paleis om hom aan die brand gesteek en in die vlamme gesterf.
Afrikaans 1933/1953 Net toe Simri sien dat die stad ingeneem is, het hy in die vesting van die koning se huis ingegaan en die huis van die koning bo-op hom aan die brand gesteek, sodat hy gesterf het,
Afrikaans 1983 Toe Simri bemerk dat die stad ingeneem word, het hy na die verskanste deel van die paleis toe gevlug en die paleis op hom afgebrand. So is hy dood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Simri sien dat die stad ingeneem is, het hy dadelik na die vesting van die koninklike paleis gegaan en die paleis bo hom aan die brand gesteek en gesterf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Simri sien dat hulle die stad oorwin, het hy gevlug tot agter die sterk mure van die paleis. Hy het die paleis bo-oor hom aan die brand gesteek en hy het gesterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Simri sien hy gaan die stryd verloor, het hy hom in die binneste deel van die paleis gaan toesluit en die gebou aan die brand gesteek. Hy het in die vuur doodgebrand.