1 Kings 16:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In die sewe-en-twintigste jaar van Asa, die koning van Juda, het Simri sewe dae lank in Tirsa geregeer. En die manskappe het laer opgeslaan teen Gibbeton, wat aan die Filistyne behoort het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Simri het in die 27ste regeringsjaar van koning Asa van Juda koning geword. Hy het net sewe dae in Tirsa regeer. Die leër van Israel was besig om die Filistynse dorp Gibbeton aan te val. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die sewe en twintigste jaar van Asa, die koning van Juda, was Simri sewe dae lank koning in Tirsa, terwyl die manskappe G¡bbeton beleër wat aan die Filistyne behoort het. |
| Afrikaans 1983 | Tydens die sewe en twintigste regeringsjaar van koning Asa van Juda was Simri sewe dae koning in Tirsa. Die volk was toe net besig om die Filistynse stad Gibbeton te beleër. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die sewe-en-twintigste regeringsjaar van Asa, koning van Juda, het Simri koning geword in Tirsa, en sewe dae lank regeer. Die manskappe was besig om Gibbeton, wat aan die Filistyne behoort, te beleër. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Simri het koning van Israel geword in die sewe-en-twintigste jaar nadat Asa koning van Juda geword het. Hy was sewe dae lank koning in Tirsa. Sy soldate was in die kamp by die stad Gibbeton in die land van die Filistyne. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die 27ste jaar van koning Asa van Juda se regering het Simri koning van Israel geword. Hy het in Tirsa gewoon en het net sewe dae daar regeer. |