1 Kings 16:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vir al die sondes van Baesa en die sondes van sy seun Ela, waarmee hulle gesondig het en waarmee hulle Israel laat sondig het, deur die HERE, die God van Israel, met hul nietige toorn te terg.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit het gebeur weens die sonde van Baesa en sy seun Ela, en omdat hulle Israel laat sondig het en die Here die God van Israel met hulle afgodery uitgetart het.
Afrikaans 1933/1953 vanweë al die sondes van Ba,sa en die sondes van sy seun Ela wat hulle gedoen het en waarmee hulle Israel laat sondig het, om die HERE, die God van Israel, te terg met hulle nietige afgode.
Afrikaans 1983 Dit was die gevolg van die sonde wat Baesa en sy seun Ela gedoen het en wat hulle Israel laat doen het. Hulle het die Here die God van Israel uitgetart met hulle afgodsbeelde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en wel oor al die sondes van Baesa en die sondes van Ela, sy seun, wat hulle gedoen het en waarmee hulle Israel laat sondig het deur die Here, die God van Israel te tart met hulle nietige afgode.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was oor die sondes wat Baesa en sy seun Ela gedoen het en oor wat hulle die mense van Israel laat doen het. Hulle het die Here, die God van Israel, kwaad gemaak, want hulle het afgode gedien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Baesa en sy seun Ela se talle afgode was ’n groot skande voor die Here, die God van Israel. En hulle het Israel ook verlei om ander gode te aanbid.