1 Kings 16:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy koning geword het, sodra hy op sy troon gaan sit het, het hy die hele huis van Baesa gedood; hy het vir hom nie een agtergelaat wat teen die muur pis nie, ook nie van sy familielede of van sy vriende nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Simri het dadelik die hele koningshuis van Baesa uitgewis, selfs die bloedverwante en vriende van Baesa. Hy het elke manlike persoon in Baesa se familie doodgemaak.
Afrikaans 1933/1953 En toe hy koning was, terwyl hy op die troon sit, het hy die hele huis van Ba,sa verwoes; hy het vir hom niemand laat oorbly wat manlik is nie, ook nie sy bloedwrekers en vriende nie.
Afrikaans 1983 Dadelik nadat hy die koningskap oorgeneem het, het Simri die hele koningshuis van Baesa uitgeroei, selfs ook sy bloedverwante en raadgewers. Simri het al wat manlik is in Baesa se familie doodgemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hy koning geword het, pas nadat hy die troon bestyg het, het hy die hele huis van Baesa afgemaai. Hy het vir hom nie 'n enkele mansmens laat oorbly nie, ook nie sy bloedwrekers of sy vertroueling nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadat Simri koning geword het, het hy almal in die koningshuis van Baesa laat doodmaak. Hy het nie een man of seun of iemand in die familie of 'n vriend van Baesa laat lewe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Simri het onmiddellik Baesa se hele familie begin uitmoor. Al die mans, asook hulle vriende, is uitgewis.