1 Kings 15:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat Dawid gedoen het wat reg was in die oë van die HERE, en nie afgewyk het van alles wat Hy hom al die dae van sy lewe beveel het nie, behalwe in die saak van Urija, die Hetiet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit was so omdat Dawid gedoen het wat die Here se goedkeuring geniet het en die voorskrifte van die Here sy lewe lank gehoorsaam het, behalwe in die geval van Urija die Hetiet. |
| Afrikaans 1933/1953 | omdat Dawid gedoen het wat reg was in die oë van die HERE, sonder om af te wyk van alles wat Hy hom beveel het, al die dae van sy lewe, behalwe in die saak van Ur¡a, die Hetiet. |
| Afrikaans 1983 | Dit was omdat Dawid gedoen het wat reg is in die oë van die Here, en sy lewe lank nooit die opdragte van die Here verontagsaam het nie, behalwe in die geval van Urija die Hetiet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want Dawid het gedoen wat reg is in die oë van die Here en hy het sy lewe lank nie afgewyk van alles wat die Here hom beveel het nie, behalwe in die geval van Uria, die Hetiet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het iemand uit Dawid se nageslag gekies omdat Dawid dinge gedoen het waarvan die Here hou en omdat hy sy hele lewe lank gehoorsaam was aan alles wat die Here gesê het. Hy het net een maal verkeerd gedoen toe hy Urija die Hetiet se vrou gevat het en vir Urija laat doodmaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Behalwe vir die verkeerde daad teen Urija die Hetiet, het Dawid altyd die regte dinge in die oë van die Here gedoen. |