1 Kings 15:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In die derde jaar van Asa, die koning van Juda, het Baesa, die seun van Ahía, koning geword oor die hele Israel in Tirsa, vier en twintig jaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Baesa het in die derde regeringsjaar van koning Asa van Juda koning oor die hele Israel geword. Baesa het 24 jaar in Tirsa regeer. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die derde jaar van Asa, die koning van Juda, het Ba,sa, die seun van Ah¡a, oor die hele Israel koning geword in Tirsa, vier en twintig jaar lank. |
| Afrikaans 1983 | Baesa seun van Agija het koning geword oor die hele Israel in die derde regeringsjaar van koning Asa van Juda en vier en twintig jaar in Tirsa geregeer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die derde regeringsjaar van Asa, koning van Juda, het Baesa, seun van Agija, koning geword oor die hele Israel in Tirsa, vier-en-twintig jaar lank. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Baesa seun van Agija het koning van Israel geword in die derde jaar nadat Asa koning van Juda geword het. Baesa was 24 jaar lank koning in Tirsa. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die derde jaar van koning Asa van Juda se regering het Baesa, ’n seun van Agija uit Issaskar, koning van Israel geword. Hy het 24 jaar lank in Tirsa regeer. |