1 Kings 15:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vanweë die sondes van Jeróbeam wat hy gedoen het en wat hy Israel laat sondig het, deur sy ergernis waarmee hy die HERE, die God van Israel, ter toorn gemaak het.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit het gebeur omdat Jerobeam die Here die God van Israel uitgetart het met die sondes wat hy gedoen het en daardeur Israel ook laat sondig het.
Afrikaans 1933/1953 vanweë die sondes van Jerobeam wat hy gedoen en waarmee hy Israel laat sondig het, deur sy geterg waarmee hy die HERE, die God van Israel, geterg het.
Afrikaans 1983 Dit was die gevolg van die sondes wat Jerobeam gedoen het en wat hy Israel laat doen het. Daardeur het hy die Here die God van Israel uitgetart.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) oor die sondes van Jerobeam wat hy gedoen het en waarmee hy Israel laat sondig het, deur sy uittartende houding waarmee hy die Here, die God van Israel getart het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit het gebeur omdat Jerobeam daardie sondes gedoen het en omdat hy die mense van Israel sonde laat doen het. Jerobeam het die Here, die God van Israel, kwaad gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit het natuurlik gebeur soos die Here ’n paar jaar tevore al deur sy profeet Agija van Silo voorspel het. Die hele Jerobeamfamilie is uitgewis. Nie een het oorgebly nie.