1 Kings 15:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het gewandel in al die sondes van sy vader wat hy voor hom gedoen het, en sy hart was nie volkome met die HERE sy God soos die hart van sy vader Dawid nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het dieselfde sondes gepleeg as sy pa voor hom. Hy het nie die Here sy God met oorgawe gedien soos sy voorsaat Dawid nie.
Afrikaans 1933/1953 En hy het gewandel in al die sondes van sy vader wat hy voor hom gedoen het; en sy hart was nie volkome met die HERE sy God soos die hart van sy vader Dawid nie.
Afrikaans 1983 Abia het dieselfde sondes as sy pa gedoen, en hy was nie so getrou aan die Here as sy voorvader Dawid nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het volhard met al die sondes van sy vader wat dié voor hom gedoen het. Sy hart was nie volkome by die Here sy God, soos die hart van sy voorvader Dawid was nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Abia het dieselfde sondes gedoen wat sy pa vóór hom gedoen het. Hy het nie die Here met sy hele hart gedien soos sy voorvader Dawid nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het dieselfde verkeerde dinge as sy pa, Rehabeam, gedoen. Hy het ook nie die Here so liefgehad soos sy oupagrootjie Dawid nie.