1 Kings 15:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy koning geword het, het hy die hele huis van Jeróbeam verslaan; hy het niemand wat asemhaal aan Jeróbeam oorgelaat nie, totdat hy hom verdelg het, volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het deur sy dienaar Ahía, die Siloniet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het onmiddellik al die nasate van koning Jerobeam uitgemoor. Nie een van die koninklike familie het oorgebly nie. Dit was presies wat die Here deur die profeet Agija uit Silo oor Jerobeam gesê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sodra hy koning was, het hy die hele huis van Jerobeam omgebring; hy het van Jerobeam niks laat oorbly wat asemhaal nie, totdat hy hom verdelg het, volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het deur die diens van sy kneg Ah¡a, die Siloniet -- |
| Afrikaans 1983 | Dadelik nadat Baesa koning geword het, het hy die hele familie van Jerobeam uitgeroei. Hy het nie een lewend laat oorbly nie, maar hulle almal omgebring. Dit was in ooreenstemming met wat die Here deur sy dienaar Agija van Silo gesê het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Pas nadat hy koning geword het, het hy die hele huis van Jerobeam laat ombring. Hy het vir Jerobeam niemand wat asemhaal, laat oorbly nie, totdat hy Jerobeam uitgeroei het. Dit was ooreenkomstig die woord van die Here wat Hy gespreek het by monde van Agija, die man van Silo, sy dienskneg, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat Baesa koning geword het, het hy begin om almal in die koningshuis van Jerobeam dood te maak. Hy het niemand van Jerobeam se nageslag laat aanhou lewe nie. Dit alles het gebeur soos die Here voorheen vir sy dienaar Agija van Silo gesê het om vir die mense te sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Baesa het dadelik Jerobeam se familie stelselmatig begin uitmoor. |