1 Kings 15:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Baésa, die seun van Ahía, van die huis van Issaskar, het teen hom 'n sameswering gemaak; en Baésa het hom verslaan by Gibbeton, wat aan die Filistyne behoort het; want Nadab en die hele Israel het Gibbeton beleër. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Baesa seun van Agija uit die stam Issaskar, het saamgesweer teen Nadab en hom vermoor terwyl hy en die leër van Israel die Filistynse dorp Gibbeton beleër het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Ba,sa, die seun van Ah¡a, van die huis van Issaskar, het 'n sameswering teen hom gesmee, en Ba,sa het hom verslaan by G¡bbeton wat aan die Filistyne behoort, terwyl Nadab en die hele Israel besig was om G¡bbeton te beleër. |
| Afrikaans 1983 | Baesa seun van Agija uit die nageslag van Issaskar het 'n sameswering teen hom gesmee. Terwyl Nadab en die hele Israel die Filistynse stad Gibbeton beleër het, het Baesa hom daar om die lewe gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Baesa, seun van Agija, van die huis van Issaskar, het 'n komplot teen hom gesmee. Baesa het hom neergevel by Gibbeton, wat aan die Filistyne behoort. Nadab en die hele Israel was besig om Gibbeton te beleër. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadab en al die manne van Israel het die stad Gibbeton aangeval van al die kante. Die stad was in die land van die Filistyne. Baesa seun van Agija van die Issaskar-stam het saam met ander mense 'n plan gemaak teen Nadab, en hulle het hom doodgemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Baesa, ’n seun van Agija uit die stam van Issaskar, het ’n komplot teen Nadab gesmee om hom uit die weg te ruim. Terwyl Nadab op ’n keer vir Gibbeton, ’n stad in die Filistynse gebied, beleër het, het Baesa hom oorval en vermoor. |