1 Kings 15:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en gewandel in die weg van sy vader en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het gedoen wat verkeerd was vir die Here. Hy het die voorbeeld van sy pa gevolg en Israel dieselfde sonde laat doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en gewandel in die weg van sy vader en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het. |
| Afrikaans 1983 | Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hy het die pad van sy pa geloop en dieselfde sonde gedoen as dié waarmee sy pa vir Israel laat sondig het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hy het die pad van sy vader gevolg en het volhard met sy vader se sonde waarmee hy Israel laat sondig het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Sy pa Jerobeam het die mense van Israel sonde laat doen, en Nadab het dieselfde gedoen, hy het dieselfde sondes gedoen wat sy pa gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nadab het baie verkeerde dinge gedoen. Hy het sy pa se voorbeeld gevolg. |