1 Kings 15:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Nadab, die seun van Jeróbeam, het oor Israel begin regeer in die tweede jaar van Asa, die koning van Juda, en twee jaar lank oor Israel geregeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadab seun van Jerobeam het in die tweede regeringsjaar van koning Asa in Juda koning oor Israel geword. Hy het twee jaar oor Israel regeer.
Afrikaans 1933/1953 En Nadab, die seun van Jerobeam, het koning geword oor Israel in die tweede jaar van Asa, die koning van Juda, en hy het twee jaar oor Israel geregeer.
Afrikaans 1983 In die tweede regeringsjaar van koning Asa van Juda het Nadab seun van Jerobeam koning geword oor Israel. Hy het twee jaar oor Israel geregeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadab, seun van Jerobeam, het koning geword oor Israel in die tweede regeringsjaar van Asa, koning van Juda. Hy het vir twee jaar as koning geheers oor Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadab seun van Jerobeam het koning van Israel geword in die tweede jaar nadat Asa koning van Juda geword het. Nadab was twee jaar lank koning van Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die tweede jaar van Asa van Juda se regering het Nadab koning van Israel geword. Nadab het net twee jaar regeer.