1 Kings 15:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die verdere geskiedenis van Asa en al sy magtige dade en alles wat hy gedoen het, en die stede wat hy gebou het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie? Nietemin was hy in die tyd van sy oudag siek aan sy voete. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die ander gebeurtenisse tydens Asa se regering, al sy dapper dade, alles wat hy gedoen het, en die stede wat hy gebou het, is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Juda. In sy ouderdom het hy egter ’n siekte aan sy voete opgedoen. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die res van die verdere geskiedenis van Asa en al sy magtige dade en alles wat hy gedoen het, en die stede wat hy gebou het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie? Maar in die tyd van sy ouderdom het hy aan sy voete gely. |
| Afrikaans 1983 | Al die ander verhale oor Asa, oor sy dapper dade en oor alles wat hy gedoen het, en oor die stede wat hy laat bou het, is opgeteken in die annale van die konings van Juda. Net dít kom nog by: in sy ouderdom het hy 'n kwaal aan sy voete opgedoen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die volle verdere geskiedenis van Asa, al sy magtige dade, alles wat hy gedoen het en die stede wat hy gebou het, is dit nie opgeteken in die boekrol met die kronieke van die konings van Juda nie? Op sy oudag het hy egter aan 'n voetkwaal gely. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die ander dinge wat Asa gedoen het, ook die belangrike dinge en die stede wat hy gebou het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Juda. Toe hy oud was, het hy siek geword, sy voete was baie seer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Alles wat Asa verder gedoen het, sy dapper dade en al sy bouwerke, is in die boek Die lewe en werk van al Juda se konings opgeteken. Op sy oudag het Asa kruppel geloop omdat hy ’n voetsiekte gehad het. |