1 Kings 15:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het koning Asa 'n uitroep deur die hele Juda gemaak; en hulle het die klippe van Rama en sy hout waarmee Baésa gebou het, weggeneem; en koning Asa het saam met hulle Geba van Benjamin en Mispa gebou.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het koning Asa die hele Juda opgeroep. Elkeen sonder uitsondering moes help om die klippe en hout wat Baesa vir die bouwerk in Rama gebruik het, weg te dra. Asa het hierdie boumateriaal gebruik vir bouwerk by Geba in Benjamin en by Mispa.
Afrikaans 1933/1953 Toe roep koning Asa die hele Juda op -- niemand was vry nie -- en hulle het die klippe en balke van Rama, waarmee Ba,sa gebou het, weggedra; en daarmee het koning Asa Geba in Benjamin en Mispa gebou.
Afrikaans 1983 Koning Asa het al die Judeërs opgeroep, hy het niemand verskoon nie, en hulle het die klip en hout wat Baesa vir die bouwerk in Rama gebruik het, weggedra. Die koning het dit gebruik vir bouwerk by Geba in Benjamin en by Mispa.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Koning Asa, daarenteen, het die hele Juda opgeroep – niemand is verskoon nie – en hulle het die klippe van Rama waarmee Baesa gebou het, asook die hout, weggedra. Daarmee het koning Asa toe Geba, in Benjamin, en Mispa versterk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Asa het al die mense van Juda laat roep. Hulle moes almal kom. Hulle het die klippe en die hout weggedra wat Baesa wou gebruik om die stad Rama te bou. Koning Asa het die stad Geba in die land Benjamin en die stad Mispa gebou met daardie klippe en hout.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Asa het toe die hele Juda opgeroep. Niemand is verskoon nie. Hulle het na Rama opgeruk en al Baesa se stene en hout gevat en ander stede daarmee begin bou. Asa het Geba in Benjamin en Mispa met die materiaal uit Rama gebou.