1 Kings 15:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarop het Benhadad na koning Asa geluister en die leërowerstes wat hy gehad het teen die stede van Israel gestuur, en hy het Ijon en Dan en Abel-Bet-Maaga en die hele Sinerot verslaan, met die hele land Naftali. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ben-Hadad het na Asa se versoek geluister. Hy het sy leëraanvoerders gestuur om die stede van Israel aan te val. Hulle het die dorpe Ijon, Dan, Abel-Bet-Maäka en die hele Gennesaret en ook die hele gebied van Naftali verower. |
| Afrikaans 1933/1953 | En B,nhadad het geluister na koning Asa en die owerstes van sy leërmagte teen die stede van Israel gestuur, en Ijon en Dan en Abel-Bet-M äga en die hele K¡nnerot met die hele land N ftali verwoes. |
| Afrikaans 1983 | Ben-Hadad het gehoor gegee aan koning Asa se versoek. Hy het sy leëraanvoerders gestuur om die stede van Israel aan te val, en hy het Ijon, Dan, Abel-Bet-Maäka en die hele Gennesaret saam met die hele gebied van Naftali verower. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ben-Hadad het gehoor gegee aan koning Asa en die •aanvoerders van sy krygsmag teen die dorpe van Israel gestuur. Hulle het Ijon, Dan en Abel-Bet-Maäga aangeval, en ook die hele Gennesaret en die hele gebied van Naftali. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ben-Hadad het gedoen wat koning Asa gevra het en hy het die hoofde van sy leër gestuur om die stede van Israel aan te val. Hulle het die stede Ijon, Dan, Abel en Bet-Maäka oorwin, en ook al die plekke in Gennesaret en die land Naftali. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ben-Hadad het ingestem en sy beste generaals en hulle leërs na Israel toe gestuur. Hulle het die dorpe van Israel aangeval. Hy het Ijon en Dan en Abel-Bet-Maäka verower, asook die hele Gennesaret en die land van Naftali. |