1 Kings 15:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe neem Asa al die silwer en die goud wat oorgebly het in die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die huis van die koning, en gee dit in die hand van sy dienaars; en koning Asa het dit na die seun van Benhadad gestuur van Tabrimon, die seun van Hesion, die koning van Aram, wat in Damaskus gewoon het, en gesê: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Asa het toe die silwer en goud wat nog in die skatkamers van die Here se tempel en die koninklike paleis was, geneem. Hy het amptenare gestuur om dit na Ben-Hadad seun van Tabrimmon en kleinseun van Gesjon, die koning van Aram in Damaskus, weg te vat. Hy het hom laat weet: |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe neem Asa al die silwer en die goud wat oorgebly het in die skatkamers van die huis van die HERE en die skatte van die huis van die koning, en gee dit in die hand van sy dienaars; en koning Asa het hulle gestuur na B,nhadad, die seun van Tabr¡mmon, die seun van H,sjon, die koning van Aram wat in Damaskus gewoon het, om te sê: |
| Afrikaans 1983 | Asa het toe al die silwer en goud gevat wat nog oor was in die skatkamers van die huis van die Here en die paleis, en koning Asa het dit met boodskappers vir Ben-Hadad gestuur. Ben-Hadad seun van Tabrimmon, seun van Gesjon, was koning van Aram in Damaskus. Asa het die volgende boodskap saamgestuur: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Asa neem toe al die silwer en goud wat oorgebly het in die skatkamers van die huis van die Here en in die skatkamers van die koninklike paleis, en vertrou dit aan sy dienaars toe. Koning Asa stuur dit toe na Ben-Hadad, seun van Tabrimmon, seun van Ges-jon, koning van Aram, wat sy setel in Damaskus gehad het, met dié woorde: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Asa het toe al die silwer en die goud geneem wat nog in die tempel en in die paleis was, en hy het dit vir boodskappers gegee om dit na Ben-Hadad te neem. Ben-Hadad was die seun van Tab-Rimmon seun van Gesjon, en hy was die koning van die Arameërs. Asa het vir hom hierdie boodskap gestuur: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Asa het bang geword. Hy het toe al die goud en silwer wat in die tempel opgeberg is, asook alles wat hy in die paleis kon kry, bymekaargemaak en vir sy amptenare gegee. Hulle moes onmiddellik na Ben-Hadad, koning van Sirië, die seun van Tabrimmon en die kleinseun van Gesjon, wat in Damaskus woon, vertrek. |