1 Kings 15:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Baesa, die koning van Israel, het teen Juda opgetrek en Rama gebou, sodat hy niemand sou toelaat om by Asa, die koning van Juda, uit te gaan of in te gaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Baesa van Israel het Juda binnegeval en Rama versterk om sodoende te verhoed dat enigiemand koning Asa van Juda se gebied kon binnekom of verlaat.
Afrikaans 1933/1953 En Ba,sa, die koning van Israel, het teen Juda opgetrek en Rama gebou om niemand van Asa, die koning van Juda, te laat uit-- of ingaan nie.
Afrikaans 1983 Tydens 'n veldtog teen Juda het Baesa die stad Rama in 'n vesting begin omskep om te verhoed dat mense die gebied van koning Asa van Juda kon binnekom of verlaat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Baesa, koning van Israel, het teen Juda opgetrek en Rama versterk om verkeer van en na Asa, koning van Juda, te verhinder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Baesa, koning van Israel, het vir Juda aangeval en hy het die stad Rama gebou en sterk gemaak, want hy wou keer sodat mense nie na koning Asa toe kan gaan en weer kan terugkom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op ’n dag het Baesa Juda binnegeval en Rama versterk sodat niks of niemand Juda kon binnegaan of verlaat nie.